• Wenkem Building

Maatskappy-Agtergrond

Op 1 Augustus 1988 is die maatskappy Wenkem SA gestig deur 'n groep bekendes in die chemiese bedryf, o.a. die uitvoerende voorsitter destyds, Mnr Willem van der Merwe. Hierdie maatskappy het ten doel gehad om onbeperkte geleenthede te skep vir die boer, entrepreneur en besigheidsman. Op daardie stadium was Wenkem die alleenverspreider van 'n beperkte reeks plaagbeheerprodukte met sy eie identiteit in eksklusiewe gebiede.

Wenkem is ook bevoorreg om na meer as 25 jaar in die verspreiding van 'n volledige reeks landbouchemiese produkte in Suid-Afrika en sekere buurlande, steeds 'n leiersposisie in die mark te beklee. Die maatskappy het destyds begin met slegs 9 stigterslede, en het die afgelope 25 jaar gegroei tot meer as 'n 100 landbouchemiese agente wat onderskeidelik werksaam is vanaf ±73 depots in al nege provinsies.

Kwaliteit gewasbeskermingsprodukte van die verskaffer was en is nog steeds die basis vir voortgesette groei deur die maatskappy, veral met inagneming van persoonlike wisselwerking tussen die kliënt, agent, produkverskaffer en Wenkem-Span.

Daarom heg die maatskappy waarde aan elke rolspeler na die hoogste vlak, want dit is die rede vir Wenkem se vooruitgang en sukses tot op hede.

Wenkem se Visie

Om die toonaangewer te wees van hoë gehalte en toegevoegde waarde gewasbeskermingsoplossings (d.w.s gewasbeskermingsprodukte plus ondersteunende dienste) aan die boerdery-gemeenskap in Suid-Afrika deur middel van 'n toegewyde netwerk van verskaffers en verwante verkoopsagente.

Maatskappy-struktuur

  • Paul du Toit, ons Finansiële Direkteur wat by die maatskappy is sedert 1999.
  • Johan Hyman, ons Besturende Direkteur, wat by die maatskappy aangesluit het in Januarie 2015.
  • Peter Zeier, ons Tegniese Direkteur, wat aangesluit het by die maatskappy in September 2010.
  • Thys van Lingen, Noordelike Streeksbestuurder, wat by die maatskappy is sedert Augustus 2018.
  • Hardus Jansen van Vuuren, ons Suidelike Streeksbestuurder in die Wes-Kaap en Oranje Rivier sedert Maart 2012.
  • Olivier Slabbert, ons Sentrale Streeksbestuurder vir Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap, wat by die maatskappy is sedert Januarie 2013.

Johan Hyman

Besturende Direkteur

  • Olivier Slabbert

    Streeksbestuurder
    Sentraal

  • Thys van Lingen

    Streeksbestuurder -
    Noord

  • Hardus Jansen van Vuuren

    Streeksbestuurder
    Suid

Peter Zeier

Tegniese Direkteur

Paul du Toit

Finansiële Direkteur

  • Administratief & Finansieël

    18 Personeel

Personeel

Administratiewe Klerk

Thespinn de Klerk

Boekhouer

Marele Lubbe

Krediteure Klerk

Lizelle Hanekom

Finansiële Rekenmeester

Nicolaas Smith

Debiteure Klerk

Denise Booyens

Ontvangsdame

Leanie Fourie

Aankopers

Christa Holtzhausen – KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Swaziland

Marie van Wyk – Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Noord-Kaap

Karel Schutte – Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap

Voorraad & Stelselkontroleurs

Jana Maree – KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap

Theresa Koen - Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap

Transito Depot Administrateurs

Lydia Klopper – Megafreight

Annelize Terblanche – Letsitele

Magda Hamann - Lichtenburg

Magda Coetzee - Paarl

Marinda Lombaard - Port Elizabeth

Wat maak ons anders

  • 'n Nasionale verspreidingsnetwerk van meer as 'n 100 gekwalifiseerde verkoopsagente wat werksaam is uit ±73 depots landswyd.
  • Sterk verhoudings met gevestigde verskaffers.
  • Visioenêre span en sterk bestuur.
  • 'n Persoonlike verhouding met ons kliënte.
  • 'n Mededingende produkreeks.
  • Ondersteuning en op tyd dienslewering.
  • Jare van kundigheid en wat goed gevestig is.
  • Kennis en ervaring.
  • Lojale en toegewyde personeel.
Ons kliënte is die Boer, die Entrepreneur, die Sakeman: die hoof-voedselverskaffer vir almal.