Rassie Brand 25 Nov 1964 - 3 Jun 2014

  • 6 Junie 2014

Ons groet jou en dank ons Hemelse Vader vir jou veelsydige lewe. Vir 49 jaar het jy met entoesiasme, bekwaamheid en oorgawe geleef.

Dit was vir elkeen van ons ‘n voorreg om jou te kon ken as vriend en kollega vir die afgelope 20 jaar. Ons sê graag dankie vir jou onbaatsugtige opofferings, jou ywer en deursettingsvermoë om altyd ‘n sukses te kon maak van dit wat jy aangepak het in die lewe.

Die liefde vir jou familie en vriende was merkwaardig. Al die mooi herinneringe koester ons in ons gedagtes.

Ons sê dan graag baie sterkte aan sy vrou, Marizaan, hul twee seuns, Rikus en Werner, sy dogter, Zahn-Mari, sy Pa en oud kollega, Jan Brand asook die res van die familie om hierdie ongenadige verlies te oorkom.

Ons gaan jou mis…!


Lex Visser
Wenkem SA

Die begrafnis word gehou op 6 Junie 2014 om 15h30 in die NG Kerk, Riviersonderend.

Return