Hein du Toit 30 Des 1966 - 4 Des 2015

  • 8 Desember 2015

Hein du Toit het op 4 Desember 2015 sy stryd teen kanker verloor nadat hy onlangs gediagnoseer is.

‘n Mens se deursettingsvermoë lê in jou hoop in God. "Deursettingsvermoë laat jou volmaak en sonder gebrek, sodat jy aan NIKS kortkom nie!" (Jakobus)

Hein het nooit moed opgegee nie en het nog steeds elke oomblik van die dag met oorgawe gelewe… altyd met ‘n stukkie humor op hande, nes Hein dit kon doen…

Ons groet hom met baie seer in ons harte, ons vriend en kollega van 15 jaar. Ons is dankbaar vir die mooi herinneringe wat sy lewe gespreek het, hy was altyd vriendelik, nederig, goedhartig en hy het soveel liefde gewys vir sy gesin en medemens… iets waarna elkeen van ons kan streef.

Ons sê dan, baie sterkte aan sy vrou Enrica, sy seuns Heinrich en Jean-Pierre, sy ouers, en die res van sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.

Ons gaan jou mis…!


Wenkem SA Bestuur en Personeel

Die begrafnis word gehou op eerskomende Woensdag, 9 Desember, om 11:00 vm uit die NG Gemeente Westergloed, 36 Koraalboom Laan, Nelspruit.

Return