Freek de Lange 15 Nov 1949 - 1 Jun 2015

  • 4 Junie 2015

Vriendelikheid word beskryf as een van die karaktereienskappe van die wysheid van God (Galasiërs 5:22). Dit was Oom Freek vir elkeen van ons: bedagsaam, geduldig, goedhartig, nederig en altyd maar altyd vriendelik!

Oom Freek de Lange het Maandag, 1 Junie 2015 sy stryd teen kanker verloor nadat hy in 2014 gediagnoseer is. Ons groet hom vandag, ons vriend en kollega van 24 jaar. Ons is dankbaar vir die mooi herinneringe van sy lewe wat gespreek het van diens en liefde.

Ons sê dan baie sterkte aan sy vrou, Sannie, sy seun, Arno en die res van sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.

Ons gaan jou mis…!


Johan Labuschagne
Wenkem SA

Die begrafnis word gehou op Vrydag, 5 Junie 2015 om 11h00 in die NG Kerk, Hartswater.

Return